De Panne Prestige Angus - Kwaliteit in sy volle glorie!

1. Vertel vir ons meer van jul veiling

De Panne Angus & Spansaam Angus strewe jaarliks om van hul beste genetika aan medetelers en kopers in bedryf beskikbaar te stel. Kwaliteit is waarvoor ons staan.

2. Wat word aangebied?

Spansaam se aanbod:

  • 5 Rooi Bulle

  • 2 Rooi Geregistreerde verse dragtig

  • 20 Rooi Kommersiele verse Dragtig

  • 150 Dohne ooilammers Gebore April 2022

De Panne se aanbod:

  • 15 Swart Bulle

  • 6 Swart Geregistreerde Koeie dragtig

  • 6 Swart Geregistreerde verse dragtig

  • 45 Swart Kommersiele verse dragtig en oop

  • 4 Swart Kommersiele koeie dragtig

  • 15 Embrios

Consentvley Meatmaster bied ook 10 Ramme en 50 Ooie aan.

3. Vir watter lotte moet kopers op die uitkyk wees?

De Panne lot: 2, lot 3, lot 8, lot 9, lot 10, lot 11, lot 13, lot 16 & lot 22

Spansaam: lot 5 & lot 6ons

4. Wat is jul teelbeleid, en waarom?

Ons streef daarna om fenotipies (visueel), genotipies (geneties) korrekte diere te teel, en diere met goeie reproduksie en optimale groei te veseker deur melkproduksie wat hoë speengewig verseker. Streng seleksie word toegepas en die keuse van korrekte bulle by paring word uiters professioneel gedoen. Passie, diens en hoë kwaliteit is waarvoor ons staan.

5. Vertel ons meer oor die agtergrond en geskiedenis van jul stoet.

De Panne Angus onstaan deur Paul en Louise Kotze in 1986 en is tans oudste Swart Angus stoet in Wes-Kaap. Vanuit ons stoet het talle Angus stoet en Kommersiële kuddes onstaan gehad. Die afgelope 37 jaar het De Panne Angus talle goue Bekers en Skou prestasies op verskeie skoue behaal. De Panne Angus hou tans die rekord prys vir ‘n Swart Angus bul en vers.

6. Is daar enigiets anders wat jy wil hê die kopers moet weet?

Dit is vir ons ‘n groot voorreg om met Angus te boer en om te sien hoe jou stoet verbeter en vordering maak en so ook die Angus bedryf saam te groei.

Previous
Previous

Petana Beefmasters - Quality Beefmasters

Next
Next

East Cape Angus - Perfection Personified