Deale Bovelders: 100 Bulle & 240 koeie

LOT 26

1. Vertel vir ons meer van jul veiling

Deale Bovelders se 2023 veiling vind op 26 Julie om 11:00 plaas op die plaas Madeira in die Vrede-distrik.

2. Wat word aangebied?

  • 100 Bovelder bulle (almal negatief getoets vir dubbelbespiering)

  • 40 Koeie met kalwers

  • 200 Dragtige koeie

LOT 8

‘n Korrekte bul met kapasiteit, breedte en diepte. Hy beskik oor ‘n sterk kop met baie goeie manlike eienskappe. Sy vaar was een van die beste bulle op die plaas en kom uit die 69 lyn.

LOT 10

Bul met uitstekende diepte en kapasiteit. Asook baie goeie verdonkering en ‘n sterk agterkwart. Die bul dra vleis!

LOT 12

Sy breedte, kop en goeie groei indeks maak hom een van die beste bulle op die veiling. Verder is hy ook geteel uit n baie vrugbare moeder.

LOT 18

‘n Tipiese 094 seun met goeie diepte, breedte, lengte en is ook mooi in balans. Hy het goeie bespiering, ‘n sterk kop en baie goeie pigment.

LOT 30

Een van die top groter raam bulle. Hy dra baie vleis en dit weerspieël in sy speenmassa (288kg) en groei indeks (121). Sy breedte van voor tot agter maak hom uniek.

3. Wat is jul teelbeleid, en waarom?

Ons strewe na ‘n funksioneel doeltreffende koei-kudde sonder erflike gebreke. Dit beteken onder andere goeie speenmassas uit vrugbare moeders wat elke jaar ‘n kalf speen. Die wat nie daaraan voldoen nie word uitgeskot. Bulle gaan deur ‘n streng seleksie proses en word dan op 2 jaar gebruik. Slegs die bestes wat al die keurings kon deurstaan word op 3 jaar op die veiling aangebied.

Previous
Previous

Frontier Bonsmaras 18th Bull & Production Sale

Next
Next

Petana Beefmasters - Quality Beefmasters