Hatari - Dormers gesogte lyne

1. Vertel vir ons meer van jou stoet?

Hatari boer sedert 2001, en bestaan uit 3 komponente naamlik:

Wild boerdery, wat reeds in 2001 sy bestaan begin maak het. Die passie om te boer, het nie daar gestop, en het Hatari in 2014 met Besproeiing boerdery begin.
Die behoefte en liefde om met skape te boer, het in 2016 realiseer, wat uit ‘n Dormer stoet bestaan het.

Dit is vir ons, as Hatari ‘n voorreg om te kan spesialiseer, in top gehalte diere soos buffels, swartwitpense en lechwes, wat die wild boerdery aan betref. Ons trotseer ook die feit dat uitstekende kwaliteit ‘n prioriteit is vir ons as Skaap boere. Dit is vir daai rede dat ons Dormer kudde uit die mees gesogte lyne en bekendste telers onstaan het.

2. Wat word aangebied?

Die veiling bied ‘n verskeidenheid van goeie gehalte vroulike diere, wat grootliks bestaan uit OORLOG | SL20-011 dogters is.

Daar sal ook op veiling, 50 OORLOG | SL20-011 Strooitjies te koop wees en 200 top kwaliteit kommersiële ooitjies.


- Gras Karoo Dormers bied ook uitgesoekte vroulike diere aan, uit die wel bekende DZ kudde.
- 2 Broers Dormers kort geen bekendstelling nie. Hulle top kwaliteit diere praat vir hul self.

Die kombinasie van Hatari, 2 Broers en Gras Karoo verseker dat die aanbiedings iets ongelooflik is, en baie diepte dra as dit kom by kwaliteit en seleksie van Top Dormer Skape.3. Watter lotte moet daar voor uitgekyk word?

3. Top lotte

Uit die 30 Hatari ooitjies en 10 Rooihek ooie wat gebied word, stel ons die volgende top 3 ooie bekend. Behalwe dat hul vanuit ‘n goeie stamboom spruit, ag ons die 3 OORLOG (SL20-011) dogters as top keuses; HE22-072, HE22-103 en HE22-102

Ons stel ook saad van die gesogte ram OORLOG (SL20-011), bekikbaar op veiling. ‘n Geleentheid wat nie misgeloop kan word nie!

4. Wat is jul teelbeleid, en waarom?

Vir Hatari, is ons teelbeleid baie eenvoudig, en is dit om met geharde, top kwaliteit vrugbare Dormer te teel, om sodoende net die beste in top gehalte vir ons kliënte te bied. Net die beste sal doen.

5. Stoetegeskiedenis

Hatari was in 2016, bevoorreg om met die stoet te kan begin. Ons het uit die staanspoor ‘n besluit geneem om slegs van die beste genetika te bekom, en natuurlik ook gebruik te maak van die mees gesogte telers wat daar is.

In 2022, kan ons sonder teleurstelling, die volgende lyne bekenstel, waaruit die Dormer kudde grootliks bestaan;

T-Lyn = 2 Broers
DZ-Lyn = Droërivier
JH-Lyn = Danie Thomas
NB-Lyn = Nova Barletta
JB-Lyn = Johan Barnard
SL-Lyn = Rooihek
AP-Lyn = Erika Hannekom

Alhoewel daar ander lyne ook betrokke was, is die genoemde lyne, hoofsaaklik waaruit die kudde se begin fondasie gevorm is.

6. Enige iets anders?

Slegs die beste kombinasie bloedlyne en dormers in die land sal aangebied word op Hatari Dormer Veiling 2023.

Previous
Previous

Tiptree & Avondale Tuli Auction

Next
Next

Benchmark & Creative Beefmasters Bull and Production Sale