Karooveld Bonsmaras - 12de Produksieveiling

1. Vertel vir ons meer van jou stoet?

Dagsê. Ek is Dirk Spaargaren, boer in Steynsburg distrik in die Oos-kaap. Ons boer in ‘n redelike uitdagende omgewing met wisselvalige reenval en koue winters.

2. Wat word aangebied?

  • 40 SP Bonsmara bulle en

  • 80 jong vroulike diere in alle produksie staduims.

3. Watter lotte moet daar voor uitgekyk word?

LOT 2 is ‘n geharde agt punt bul wat met gemak op verse gebruik kan word.

LOT 3 is ‘n uitstaande 5 jaar oue bul wat ons self vir drie jaar op verse gebruik het. Besonderse teelwaardes, 88% van sy eerste groep kalwers wat vir keuring aangebied is het keuring geslaag. Drie van sy nege seuns het ‘n agt punt gekry met keuring.

LOT 5 is ‘n bul met besonderse baie kapasiteit. Die geharde bul het pragtige vel en haar en baie goeie teelwardes. Ons het hom self vir 2 jaar in die stoet gebruik.

LOT 8 is ‘n donker, drie jaar oue bul wat nege gepunt is met keuring. Breedte, diepte met baie manlikheid en bo gemiddelde teelwaardes. Dalk die bul met die mees ideale bouvorm wat ons nog geteel het.

LOT 21 is ‘n besonderse twee jaar oue bul. Hy is manlik met ‘n mooi skof. Met bo gemiddelde teelwaardes. Hy sal hy verseker positiewe impak hê op die meeste stoet kuddes.

4. Wat is jul teelbeleid, en waarom?

Meduim raam kudde met groot klem op goeie konstitusie. Diere met ‘n goeie konstitusie het genoeg melk, is vrugbaar en spaar ʼn mens baie op insetkoste sonder om produksie in te boet.
Net bulle met ‘n bo gemidelde kondisie binne sy groep tydens ‘n 4 maande bergfase word oorweeg vir gebruik in die stoet.

5. Stoetgeskiedenis?

Stoet is in 1995 gerigestreer. Ons het vir n periode van 10 jaar vroulike diere ingekoop. Daarna het ons vir n periode van 10 jaar spesifieke vroulike diere aangekoop op spesifieke uitverkopings. Ons maak al die afgelope 22 jaar gebruik van KI.

6. Enige iets anders?

Bulle word gratis afgelewer per raduis van 300km.

Previous
Previous

PUTTERGILL Farming - Production Sale

Next
Next

Tiptree & Avondale Tuli Auction