Kroon Vee Summer Sale

Jan van Zyl van Kroon Vee Brahmans vertel ons meer oor hul opkomende veiling op 6 November 2024.

Kroon Vee is 'n familie boerdery wat in die teel van Brahmane spesialiseer sedert 1972. Brahmane is ons lewe.

Baie boerdery diversifiseer om risikos te versprei, maar by Kroon Vee spesialiseer ons in Brahmane om fokus te hou om net die beste vir ons kliënte te verskaf.

Gideon van Zyl en Jan van Zyl van Kroon Vee Brahmans. Jan en Gideon het namens Kroon Vee 6 toekennings ontvang by die Brahman Beestelersgenootskap van Suid-Afrika vir die 2024-kompetisiejaar.

Teelbeleid

Om hoë kwaliteit stoet diere te teel, wat bestuur word op kommersiële boerdery beginsels, en geen sentiment te hê aan diere wat nie ekonomies doeltreffend en produktief is nie.

Stoetgeskiedenis

Kroon Vee Brahmane is gestig in 1972 deur Jan van Zyl Snr en word vandag deur Jan Jnr en Gideon bestuur. Hulle is tans 5de generasie beesboere en 3de generasie stoet boere. Ons is geteel en gekondisioneer om beeste te teel.

Wat word aangebied?

  • 80 Manso en Rooi Brahman bulle

  • 50 dragtige stoet Manso Brahman verse.

Topkeuses

Manso bulle: lotte 3, 4, 5, 6, 33, 35

Rooi bulle: lotte 13, 14

Verse: lotte 18, 19, 20, 21, 23, 24

Enigiets Anders?

Ons bied gratis transport van alle veilings diere tot op sentrale punte asook gratis vervoer versekering tot die dier op jou plaas is.

Vir meer inligting oor die aanbod op Kroon Vee se Summer Sale besoek www.kroonvee.com.

Previous
Previous

SA Boran genetics in good demand internationally

Next
Next

HATARI PLATINUM 2024 PRODUCTION AUCTION