Maak die intelligente keuse op 07 April!

Ons stel Theres Bonsmaras aan almal bekend - hier is die onderhoud wat ons met Dr Kotie gevoer het. Lees die blogplasing hieronder wat jou alles vertel van hul boerdery, hul opkomende Bonsmara veiling, die aanbiedinge en nog baie meer.

1. Stel uself voor en vertel vir ons meer van u boerdery en stoet geskiedenis

THERES BONSMARA STOET is begin deur Dr Kotie Pienaar, ‘n chirurg, wat nou voltyds sy passie vir boerdery uitleef. Sy liefde vir diere kom reeds van sy jong kinderdae af toe hy op die plase van sy grootouers vakansies deurgebring het. Sy pa, Dr Koos Pienaar, ‘n veearts en patoloog by Onderstepoort, het gehelp om die wetenskaplike agtergrond vir die Bonsmara stoet 26 jaar terug op die been te bring. Die Bonsmara ras lewer ‘n aanpasbare en geharde dier, wat goed op die veld presteer en daarom voel ons dit is die ras om in Suid-Afrika mee te boer. 

Hierdie is nou reeds die 19de produksieveiling waar top gehalte stoet diere aangebied word, en elke jaar word daar gestreef om die vorige jaar se gehalte te oortref. Ons gasverkoper is weereens Hendrik Brits, van Schiomanzi Bonsmaras. 

Besoek gerus ons webblad by www.theresbonsmaras.com asook ons Facebook-blad om die top gehalte diere te besigtig wat ons oor die jare gebruik en aangebied het. 

2. Wat word aangebied?

  • 40 stoet bulle, waarvan 4 stoet vaars is wat in die kudde gebruik is. 

  • ± 20 drie jaar oue bulle en 10 twee jaar oue bulle, gereed vir gebruik. 

  • 10 stoet koeie, meestal 3-in-1 somer koeie. 

  • 15 kommersiële koeie, wat moontlik 3-in-1 kan wees. 

  • 5 dragtige kommersiële somer koeie en 5 winter kommersiële koeie met kalwers.

  • 10 kommersiële somer dragtige verse. 

  • ± 25 oop kommersiële verse, 18 maande en gereed vir die bul.

3. Vir watter lotte moet kopers op die uitkyk wees?

Die 4 stoet vaars is die top bulle op die veiling.

Lot 10 - LAR 17 – 263

‘n 5 ster seun van LAR 14–173, die R1.8 miljoen rand bul, en met ‘n nog beter ma, ‘n LAR 08-050 vers - ‘n 5 ster koei. Sy BLUP oortref selfs sy pa s’n. Hy lewer klein kalwers met ongelooflike groei. Ons het al sy verse wat hy tot dusver gegee het, behou in die stoet. 

  • Geboortegemak: 106

  • Speenkalf: 140

  • Speenwaarde: 133

  • Karkaswaarde: 132

  • Koeiwaarde: 138

Lot 4 – THE 17 – 19

Die beste versbul wat ek tot nou toe gebruik het. Hy is miostatien negatief, maar hy kompeteer met die groter bulle se groei. Hy gee klein kalwers, maar wat uitstekend groei en in ‘n kudde gehou kan word.

  • Geboortemassa: 28 

  • Kalfgemak: 120 

  • Speenkalfwaarde: 96

  • Groeiwaarde: 98 

Lot 8 : THE 18 – 21

Die ideale ALL-ROUNDER. Hy is gebruik op eerste kalf verse, maar is ‘n middel-van-die-pad bul wat op enige vroulike diere van die teler se keuse gebruik kan word. Hy is miostatien negatief en het ‘n pragtige swart pigment. 

  • Kalfgemak: 116

  • Speenkalfwaarde: 99

  • Koeiwaarde: 103

Lot 16 : THE 18 - 198

Hierdie bul het ‘n pragtige bouvorm en uitsonderlike lengte. Dit is tipies wat miostatien positiewe bulle soos hierdie gee. As jy bespiering soek, is hierdie bul vir jou. Hy het ook ‘n pragtige donker pigment. Sy eerste klawers word nou gebore en toon baie potensiaal. 

Ons vroulike diere wat aangebied word is ook beslis spesiaal.

Lot 53: THE 16 - 34

Hierdie is fenotipies ‘n pragtige koei met ‘n ongelooflike verskalf van LAR 17-263. ‘n Top aanbieding en van ons stoet se beste genetika! Sy is heel moontlik weer ook dragtig van LAR 17-263. Sy is 6 jaar oud en het 4 kalwers gelewer. 

  • Speen indeks: 93/3

  • TKP: 368

  • Gewig met kalwing: 450kg

4. Wat is u teelbeleid, en waarom?

Die beleid van die kudde is aanpasbaarheid en dit impliseer ‘n balans tussen miostatien positief en negatiewe diere. Die enkelgeen heterosigoot miostatien dier is sonder twyfel die mees aangepaste diere in alle opsigte, dus vrugbaarheid en vleis produksie. Dit geld ook vir lengte en bouvorm. Maar ‘n dier moet mooi op die oog vertoon, en donker pigmentasie tesame met behoorlike skowwe is eienskappe waarvoor geselekteer word.

6. Is daar enigiets anders wat u wil hê die kopers moet weet?

Op THERES BONSMARA produksieveilings fokus ons op die aanbieding van jong, gesonde diere, meestal 1ste en 2de kalf koeie asook verse. Vir die koper het hulle nog ‘n hele leeftyd van produksie wat voorlê. Ons poog om geen koeie ouer as 6 tot 7 jaar aan te bied nie. 

Vroulike diere se dragtigheidstatus sal beskikbaar wees op die dag van die veiling. 

Alle diere is Brusellose en TB negatief.

Alle diere is vir algemene endemiese siektes in ons lokale gebied gespuit . Net iets ten opsigte van ons intensiewe inentings program:

  • op 2 maande en herhaal 6 weke daarna 

    •  Covexin

  • op speen: 

    • Bovillus (Pasteurella , BVD en respiratoriese infeksies)

    • Knopvel

    •  Slenkdal

    • Galkoors

  • op 12 maande 

    • RB-51 (Brusellose -  word ook herhaal na 2 maande)

    • Bovella (BVD, wat jaarliks herhaal word)

Ons produseer ons eie eksklusiewe vrat-entstof wat gebruik word op speen en 12 maande ouderdomme, wat uiters suksesvol werk. 

Ten Slotte

Mag 7 April 2022 die dag wees waarop u die kwaliteit van THERES BONSMARAS gaan deel maak van u kudde, en nie gaan spyt wees oor die intelligente keuse nie.

Registreer GRATIS vir die aanlynveiling deur op die knoppie hieronder te klik.

Stel u belang om u veiling op “SwiftVee News” te laat vertoon? Gradeer dan u veiling se digitale bemarkingspakket op na die Stoetbulpakket. Begin deur die pryslys aan te vra deur op die knoppie hieronder te klik.

Previous
Previous

Woody Cape Wildlife - excelling in the production of premium wildlife.

Next
Next

CEO Outlook 2022: Why South Africa is Amazing and Agriculture is the Space To Be