Moenie die PP Mong Trust Dohne Merino & Hereford 29ste Produksieveiling misloop nie.

Die volgende onderhoud het plaasgevind tussen SwiftVEE en Bertus Mong van PP Mong Trust. Lees die blogplasing hieronder waar hy ons alles vertel van hul boerdery, hul opkomende veiling, alles wat aangebied word en nog baie meer.

1. Stel jouself voor en vertel vir ons meer van jou boerdery

Ek is Bertus Mong van PP Mong Trust. Ons boer in die Caledon distrik met n gemengde boerdery en boer met omtrent 300ha besproeiings gronde waar ons vrugte, groente en wyn druiwe verbou. Dan het ons 1200ha waar ons graan verbouing doen. Ons het ook 400ha weidings, waarop ons met Herefords boer wat omtrent 100 koei eenheid is, asook n kleiner kommersiële trop koeie en 600 Dohne merino stoet ooie.

2. Wat word aangebied?

Op die volgende produksieveiling op 6 Junie 2023 gaan ons 18 bulle, 10 dragtige verse en 50 Dohne-Merino- ramme aanbied en vir die eerste keer nuwe genetika in Suid-Afrika beskikbaar stel deur Forward-bulle wat van die bul NJW Forward IMP USA aangebied word.

3. Vir watter lotte moet kopers op die uitkyk wees?

Bulle

Ons groep van 18 bulle is geselekteer uit 48 bulle. Die groep bulle het uitstaande prestasie waardes wat gerugsteun is uit ‘n genomiese getoetsde koei kudde wat vir ons genomiese EBV’s gee met hoë akkuraatheid. Lot 102 en Lot 103 is nuwe genetika uit die VSA van die bul NJW Forward 252F. Die bulle het goeie bespiering met lengte, diepte en breedte wat hoë groeiwaardes met hoë produksiewaardes gee. Die bulle vreseker uitstaande karkas waarde.

Lot 104 en Lot 105 is uit die bul Grown 4 You. Die bul het vir ons ook hoë groei-en produksiewaardes na die kudde toe gebring. Wat hierdie bulle so uniek maak is hulle hoë koeiwaardes met gemaklike kalwing en uitstaande melk produksie. Hierdie bulle het hul merk gemaak in die bedryf en sal aanwins wees vir elke kudde.

Lot 102 - Groeiwaarde 123 Karkaswaarde 123 uit Moeder BMH100073 .2014 Nasionale Senior Kampioenkoei en het reeds 2 stoetbulle vir ons geteel. Speengewig van 307 kg. Die bul is by die Nasioanle Kampioenskappe as Fase D Kampioen gekroon.

Lot 103 - NJW Forward 252F seun uit ‘n beproefde moederlyn met groeiwaarde 110 en karkaswaarde 111. Speengewig van 299 kg

Lot 104 - BM Grown 4 U 15-41 kom uit die NJW Homegrown lyn. Groeiwaarde 115, karkaswaarde 111 en speengewig 309kg. ‘n Homosigotiese poenskop bul met baie goeie stamboek wat waarde sal toevoeg to enige kudde.

Lot 105 - BMH210066 is een van ons bulle waar ons Homegrown en Wildcat lyne gekruis het. Hierdie bul spog met ‘n 5ster Moeder en TKP van 347. Koeiwaarde van 128 en produskiewaarde van 127. Hierdie bul is ‘n “curve bender” met geboortegewig van 35kg en speengewig van 295kg. Die bul sal goeie bul-en verskalwers teel.

Verse

PP Mong Trust stel hierdie gerigestreerde verse uit sy stoetkudde beskikbaar aan die bedryf.

Lot 106 - Vers met goeie stamboom. Bogemiddelde stoetgeselekteerde vers met koeiwaarde van 113. BMH210013 is ‘n 4ster vers met ‘n pragtige uier en goeie melk produksie.

Lot 121 - Hierdie Home Wonder vers met uistaande groei-en karkaswaarde van 112 uit ons Caroline koeilyn is uitstaande teelmateriaal. Sy het pragtige kalf aan haar sy met mooi uier- en speenontwikkeling. Haar Moeder het 4 kalwers gespeen met speenindeks van 111. Hierdie is een van ons stoetgeselekteerde verse.

Lot 122 - Weereens ‘n top geseelkteerde stoetvers . Swaar dragtig van die bul BN190071. Sy wys reeds vir ons mooi uierontwikkeling . Hierdie vers spog met geboortgewig van 36kg en speengewig van 276kg. Sy kom uit die Gene moederlyn met TKP van 350 met moederwaarde van 106 indeks. Hierdie bogemiddelde vers met goed gebalanseerde teelwaardes sal ‘n aanwins wees vir elke kudde.

Ramme

2023 se 52 geselekteerde ramme vir die veiling is weer van hoogstaande gehalte . Hierdie groep streng geselekteerde ramme met goeie bouvorm, sterk bene en pigment by die oë sal groot waarde toevoeg tot u kudde.

Lot 7 - Goed gebalanseerde ram met algemene meriete van 14.4. Hierdie Doh-Net-So ram weerspieel ons teelbeleid van goeie balans tussen wol en vleis.

Lot 18 - Hierdie tweeling ram met goeie kapasiteit en volume, lengte van lyf en vol agterkwart met speenmaternale waarde 0.72. Hierdie is een van ons laaste AB160081 ramme wat groot waarde tot ons kudde gevoeg het.

Lot 28 - Hierdie goed gebalanseerde ram met lang lyf en fyn wol spreek van uitstaande kwaliteit.

Lot 41 - Hierdie ram is uit ons AB180382 lyn met uitstaande waardes. Dra genoeg wol met veseldikte EBV van -0.79. Hierdie ram spog met algemene meriete van 14.3

4. Wat is jul teelbeleid, en waarom?

Die daarstelling van topgehalte stoetdiere wat geteel word volgens rassuiwerbloedlyne.

Diere met funksionele bouvorm met lengte, diepte en breedte met bespiering vir optimum rooivleis produksie.

Grootte van oogspier en marmering van vleis vir top kwaliteit vleis.

Vrugbaarheid van diere vas te lê in TKP van 365 dae. Dek verse op 14 maande en 350kg. Bulle het goeie gesonde semen produksie en dek behendigheid.

Diere met goeie temperament en deur voorbereiding van die diere volgens algemene bestuurspraktyke vir maklike aanpasbaarhied in enige boerdery omgewing.

Die daarstelling van genomiese EBV’s wat saamgevat is van nougesette prestasiemetings vir alle eienskappe.

5. Vertel ons meer oor die agtergrond en geskiedenis van jul stoet.

Ek moes in 1979 besluit met watter ras ek tussen die vrugteboorde en wynlande moet boer. Ek het die Hereford gekies vir sy voortreflike vleiseienskappe en rustige geaardheid.

6. Is daar enigiets anders wat jy wil hê die kopers moet weet?

Moenie hierdie geleentheid mis:

Nuwe top Hereford Genetika vir u kudde

Kom vergewis u van die kwaliteit aanbieding.

Dohne kenmerke van hierdie kudde:

  • Bouvorm – Sterk bene. Goed aanpasbaar

  • Wol – Hoë kwaliteit fynwol

Prestasiemeting: Ons passie haal die raai werk uit

Hereford Bulle prestasie in SA en goed aanpasbaar.

Versterk u kudde met Doh-Net-So ramme en BM Hereford bull.

Kuddegesondheid veearts verslag van Dr Oubaas Retief

BM Hereford bulle en Doh-net-so ramme

Gereed om geld in u sak te plaas met hoë profyt aankope

Registreer GRATIS vir die aanlynveiling deur op die knoppie hieronder te klik.


Stel jy belang om jou veiling op “SwiftVee News” te laat vertoon? Kies die Goud- of Platinum bemarkginspakket wanneer jy jou veiling by ons bespreek. Stuur ‘n e-pos na hello@swiftvee.com

Previous
Previous

Belangrike enkelgeeneienskappe by vleisbeeste

Next
Next

Die Poggenpoel Molopo Bonsmaras 18de Produksieveiling