Auction Results

View Original

Beleef Le Roc se gasvryheid by hul 13de Brangus Produksieveiling op 16 Februarie 2022.

Die volgende onderhoud het plaasgevind tussen SwiftVEE en Mornay Verster van Le Roc. Lees die blogplasing hieronder waar hy ons alles vertel van hul boerdery, hul opkomende Brangus veiling, alles wat aangebied word en nog baie meer.

1. Stel uself voor en vertel vir ons meer van u boerdery.

Ons boerdery het 38 jaar terug begin toe ek, Mornay Verster, my eerste teelkoeie gekoop het. My passie is teling van enige mooi dier en daarom teel ek ook met Poena Brahmane, Boerbokke, Dormers, Fries perde, asook Giant Schnauzers.

2. Wat word aangebied?

- 20 Veldaangepasde Bulle

- 200 Vroulike diere (dragtig/gekalf) waarvan 50 kommersieel is.

3. Vir watter lotte moet kopers op die uitkyk wees?

Lot 4

Lot 124

Lot 5

Lot 37

Lot 7

Lot 11

Lot 68

4. Wat is u teelbeleid, en waarom?

Vrugbare diere wat veldaangepas is en maklik sal aanpas regoor Suid-Afrika. Diere moet goeie loopvermoë hê en van die veld af kan produseer.

5. Vertel ons meer oor die agtergrond en geskiedenis van u stoet.

Ek het in 2000 my eerste Brangus koeie geregistreer en wou eers net bulle vir eie gebruik teel. Vandag, 21 jaar later het ons 'n duisend geregistreerde koeie.

6. Is daar enigiets anders wat u wil hê die kopers moet weet?

Ons deur staan altyd oop vir enige plaasbesoeke, raad en advies.

Registreer GRATIS vir die aanlynveiling deur op die knoppie hieronder te klik.

Stel u belang om u veiling op “SwiftVee News” te laat vertoon? Gradeer dan u veiling se digitale bemarkingspakket op na die Stoetbulpakket. Begin deur die pryslys aan te vra deur op die knoppie hieronder te klik.