Beleef kwaliteit by die Keeversfontein Rooi Brangus Produksieveilings

Die volgende onderhoud het plaasgevind tussen SwiftVEE en Martin Campher van Keeversfontein. Lees die blogplasing hieronder waar hy ons alles vertel van hul boerdery, hul opkomende Brangus veilings in Vrede in die Vrystaat, alles wat aangebied word en nog baie meer.

1. Stel jouself voor en vertel vir ons meer van jou boerdery

Goeiedag ek is Martin Campher, ons boer in die Ladysmith KZN distrik. Ek boer met 2000 Rooi Brangus koeie wat ekstensief op die veld loop. Osse word as long yearlings afgerond in die voerkraal en self bemark. Weens 'n groot aanvraag na Brangus in die Noord-Oostelike deel van die land het ek besluit om in 2022 te begin met 'n tweede produksieveiling te Vrede op 4 Augustus 2022 en 18 Augustus 2022 by Ladysmith KZN .

2. Wat word aangebied?

Die veilingsaabod bestaan uit 25, 3 jaar oue bulle wat reeds in kudde gebruik is en 8, 2 jaar oue bulle. Daar word ook 150 verse wat op 3 jaar gaan kalf vanaf einde Augustus 2022 aangebied.

3. Vir watter lotte moet kopers op die uitkyk wees?

Totale aanbieding bestaan uit eie aanteel.

4. Wat is jul teelbeleid, en waarom?

Ons teeldoelwit is om 'n koei te teel wat 11 kalwers kan grootmaak met 'n gemiddelde speengewig van 230kg wat deur die jaar ekstensief op die veld loop.

My ondervinding met osse wat afgerond word in die voerkraal is dat goeie vel, been en diepte belangrik is om 'n karkas gewig van 300kg te bereik.

5. Vertel ons meer oor die agtergrond en geskiedenis van jul stoet.

Keeversfontein Rooi Brangus het begin in 1978 waar my pa Rooi Angus Bulle op Rooi Brahman koeie gesit het. Die nageslag is met Rooi Brangus bulle gepaar.

In 1986 het ons reeds begin om ons eie nageslag bulle te gebruik om sodoende 'n "tipe" vas te teel wat aangepas is. Ek bring ook elke jaar nuwe bloed in deur middel van KI en die koop van bulle. Geen vroulike diere is die afgelope 40 jaar in kudde ingekoop nie.

Slegs vroulike diere wat funksioneel aangepas is en elke jaar kalf en ook voldoen aan volgeregistreerde Brangus standaarde word gehou om mee te teel.

6. Is daar enigiets anders wat jy wil hê die kopers moet weet?

Die koeie loop op strawwe rooiwater, hartwater en galsiek veld.

Registreer GRATIS vir die aanlynveilings deur op die knoppies hieronder te klik.

Stel u belang om u veiling op “SwiftVee News” te laat vertoon? Gradeer dan u veiling se digitale bemarkingspakket op na die Goud- of Platinum-pakket. Begin deur die pryslys aan te vra deur op die knoppie hieronder te klik.

Previous
Previous

Online livestock auctions present exciting opportunities

Next
Next

Die Boedel Veiling van Wyle FSVD Vlok | FR Drilling