Die belangrikheid van na-oes bemesting by permanente gewasse

Vir baie gewasse kan na-oes bemesting 'n belangrike rol speel t.o.v. die volgende seisoen se prestasie. In baie boomgewasse is dit een van die beste tye van die seisoen vir die opname van stikstof en kalium. Bome is steeds aktief, en die wortels en blare absorbeer geredelik toegediende voedingselemente. Hierdie essensiële elemente word as reserwes gestoor vir gebruik gedurende die volgende groeiseisoen. 

Herfs toedienings is meer doeltreffend aangesien bome steeds aktief voedingstowwe opneem; koue en nat toestande in die lente kan rus verbreking vertraag, en kunsmis wat in die lente toegedien word, kan onderhewig wees aan sekere verliese. 

Na oes herstel bome en wingerde van stres, en daarom bereik na-oes bemesting verskeie doelwitte deur o.a. die vervanging van voedingselemente wat deur die oes verwyder is.  Herfs toegediende kunsmis beïnvloed nie boom groeikragtigheid nie; dus wat toegedien word, is beskikbaar en opgeneem in boomreserwes. Dit dien as ʼn sleutel tot sukses vir vroeë variëteite en vir situasies waar die lente opdaag.

Vereistes vir makro- en mikro-elemente wissel na gelang van die gewas. Sommige belangrike elemente vir herfs kompleksbemestings word hieronder gelys:

  • Boor is belangrik vir blom en vrugset. Dit is betrokke by die beweging van kalsium in die floeëmvate en is belangrik om selwandstrukture te verbeter en te versterk. Dit help ook vir gesonde stuifmeelpakkies en -buisies.

  • Sink is nodig vir blom en vrugset. Dit is betrokke by selontwikkeling in die vrug en in blare, en help ook met die vermoë om ouksiene te sintetiseer vir seldeling vir eenvormige vrugset, retensie en grootte.

  • Magnesium word benodig vir fotosintese aangesien dit 'n belangrike komponent van chlorofil is. Dit vorm die kern van ‘n chlorofil molekule-kompleks en is baie belangrik vir goeie fotosintese. Dit dra by tot voldoende reserwe proteïenopbouing tydens die winter.

  • Kalsium dra by tot vrug-fermheid en selwandstruktuur. Dit is 'n belangrike komponent van pektien. Kalsium is ook baie belangrik vir goeie seldeling en dra by tot goeie wortelreserwe-ontwikkeling en is ook baie belangrik vir die ontwikkeling van haarwortelpunte vir die effektiewe opname van die vernaamste mikro-elemente.

  • Stikstof verhoog opbrengs en proteïen-sintese. Na bot word vegetatiewe groei aangedryf deur gestoorde stikstof, in die vorm van aminosure. 

  • Fosfor is baie belangrik vir die vorming van ATP (adenosien tri-fosfaat). ATP is die draer van energie in die boom of wingerd en dra grootliks by tot die opbouing van reserwes.

  • Kalium het ʼn groot effek op selvergroting in wortels. Dit skep stoorplek vir die elemente wat benodig word vir die nuwe seisoen en dus opgeneem en gestoor moet word in die herfs van die vorige seisoen.

Ter afsluiting kan genoem word dat herfsbemestings oorweeg behoort te word, veral as die seisoen koeler en natter begin en nuwe blomontwikkeling vroeg gedurende die seisoen plaasvind. Verder kan dit gedoen word ook om wanbalanse tussen elemente in seisoen te voorkom en om ook die opname van tydsame element beskikbaarheid te verseker.

Saamgestel deur Godfrey Hartman, senior landboukundige by Kynoch Kunsmis (Limpopo en Botswana) en kan gekontak word by 0828726050, of godfrey.hartman@kynoch.co.za.

Next
Next

Valsrivier Bonsmara Telers se 19de Produksieveiling