Valsrivier Bonsmara Telers se 19de Produksieveiling

1. Stel julself voor en vertel vir ons meer van julle veiling

Die Valsrivier Bonsmara Telers Veiling bestaan uit 3 stoet telers en 4 kommersiële telers.
Stoettelers is Thabo van Zyl, Cornay Botma en Oom Johan Minnaar.
Kommersieël: Chris Joubert, Danie Minnaar, Andries Els en JB van den Berg.
Ons boer hoofsaaklik in Bothaville, Kroonstad en Wesselsbron.

2. Wat word aangebied?

32 Bulle
50 3-1 koeie
80 Koeie en kalwers
40 Dragtige koeie
105 Dragtige Dragtige verse
30 Oop verse

3. Vir watter lotte moet kopers op die uitkyk wees?
Die topkeuses vir ons veiling is die 12 bulle wat verskyn op ons advertensieblad.

4. Wat is jul teelbeleid?

Teel vir vrugbaarheid, kalwingsgemak, swaer speenkalwers en voerkraal groei.

5. Meer oor julle stoetgeskiedenis

Thabo stoet, sedert 1983, is vir die laaste 3 jaar aangwys as finalis van Logix se nasionale vleisbeeskudde van die jaar en het die platinum toekenning ontvang. Vanjaar is Thabo stoet aangewys as Logix en Stamboek se Noordwes Vrystaat streekswenner.

6. Enigiets Anders?

Die 32 bulle op die veiling het n verskydenheid aanwendings van vers open, vervangingsverse teling, speenkalf en voerkraal aanwending. Daar is definitief iets vir jou behoefte.

Previous
Previous

Die belangrikheid van na-oes bemesting by permanente gewasse

Next
Next

Triomf by die Afridome: Bonsmara-veiling Bereik ‘n Nuwe Hoogtepunt