Auction Results

View Original

Die Hatari & Rooihek Produksieveiling op 14 Oktober

Lees die blogplasing hieronder waar ons alles vertel word oor die opkomende Hatari & Rooihek produksieveiling. Lees meer oor die boerdery, die opkomende veiling op die Goeiehoop plaas in Bloemfontein, alles wat aangebied word en nog baie meer.

Dit is vir ons, as Hatari ‘n voorreg om te kan spesialiseer, in top gehalte diere soos buffels, swartwitpense en lechwes, wat die wild boerdery aan betref. Ons trotseer ook die feit dat uitstekende kwaliteit ‘n prioriteit is vir ons as Skaap boere. Dit is vir daai rede dat ons Dormer en Suffolk kudde uit die mees gesogte lyne en bekendste telers onstaan het.

Hatari se gronde bestaan uit die Besproeiings plaas buite Bloemfontein en Wild boerdery te Jagersfontein, waar beide met skaap boer.

2. Wat word aangebied?

Die veiling bied ‘n verskeidenheid van goeie gehalte vroulike diere, wat grootliks Ranger (T19-243) dogters is. Ons bied natuurlik ook vir Dirkie (DZ20-380) aan, wat ‘n Dik Daan seun is, uit die lyn van Droërivier, wat fantasties goed is! Ons is van mening, dat hierdie besonderse lyn, een van die beste ramme is, wat die jaar op veiling kom.

Tesame Dirkie (DZ20-380), wat nie afsonderlik of alleenlik die enigste uitmuntende ram is nie, is daar vêle ander ramme wat bitter goed presteer, soos Ranger (T19-243) seuns en OORLOG (SL20-011) seuns. Die veiling bied die jaar, goeie aanbiedings op ramme en ongelooflike goeie vroulike diere.

Daar sal ook op veiling, 150 OORLOG (SL20-011) Strooitjies te koop wees en 200 top kwaliteit kommersiële ooitjies.

3. Vir watter lotte moet kopers op die uitkyk wees?

Dit is natuurlik geen geheim dat Dirkie – DZ20-380, wat die Dik Daan seun is, die top keuse as beste ram sal wees wat aangegebied word op vanjaar se veiling. Bygesê steek ander keuses nie af teen Dirkie nie, en is daar soveel meer uitsonderings om na uit te sien.

Soos die Ranger (T19-243) seun wat opkom vir veiling – HE21-074; die jong, mooi ongewisselde Hatari ram, met onvergeetlike potensiaal. ‘n Goeie en belowende ram, wat waardevol vir enige persoon se stoet sal wees.

Van Rooihek, 2 Broers kudde, staan die volgende top 2 ramme uit en kan nie misgeloop word nie; T21-393 en T21-153

Uit die 30 Hatari ooitjies en 10 Rooihek ooie wat gebied word, stel ons die volgende top 3 ooie bekend. Behalwe dat hul vanuit ‘n goeie stamboom spruit, ag ons die 3 Ranger (T19-243) dogters as top keuses; HE21-095, HE21-039 en HE21-076

Saad van die gesogte ram OORLOG (SL20-011), word ook beskikbaar gestel op veiling. Moet nie die geleentheid misloop nie!

4. Wat is jul teelbeleid, en waarom?

Vir Hatari, is ons teelbeleid baie eenvoudig, en is dit om met geharde, top kwaliteit vrugbare Dormer en Suffolk te teel, om sodoende net die beste in top gehalte vir ons kliënte te bied.

5. Vertel ons meer oor die agtergrond en geskiedenis van jul stoet.

Hatari was in 2016, bevoorreg om met die stoet te kan begin. Ons het uit die staanspoor ‘n besluit geneem om slegs van die beste genetika te bekom, en natuurlik ook gebruik te maak van die mees gesogte telers wat daar is.

In 2022, kan ons sonder teleurstelling, die volgende lyne bekendstel, waaruit die Dormer kudde grootliks bestaan;

  • T-Lyn = 2 Broers

  • DZ-Lyn = Droërivier

  • JA-Lyn = Danie Thomas

  • NB-Lyn = Nova Barletta

  • JB-Lyn = Johan Barnard

  • SL-Lyn = Rooihek

  • AP-Lyn = Erika Hannekom

Alhoewel daar ander lyne ook betrokke was, is die genoemde lyne, hoofsaaklik waaruit die kudde se begin fondasie gevorm is.

Hatari het ook in 2016 met die Suffolk stoet begin boer, waar die kudde hoofsaaklik uit die T-lyn (2 seuns) betstaan.

Registreer GRATIS vir die aanlynveiling deur op die knoppie hieronder te klik.

Stel u belang om u veiling op “SwiftVee News” te laat vertoon? Gradeer dan u veiling se digitale bemarkingspakket op na die Goud- of Platinum-pakket. Begin deur die pryslys aan te vra deur op die knoppie hieronder te klik.