Dieregesondheid: Namibië mag maar windgat wees

Die rooivleisbedryf van Namibie mag maar windgat oor sy dieregesondheidstatus wees, want dit is die enigste land in Afrika wat vleis na feitlik enige land ter wêreld kan uitvoer.

"En ons is baie trots daarop," het Thinus Pretorius, uittredende voorsitter van die Namibiese Lewendehawe-produsente-organisasie (LPO), op die 60ste jaarkongres in Windhoek gesê.

Dieresiektes hou 'n groot bedreiging vir die veebedryf in. In die verlede was die bedreiging hoofsaaklik it die noorde en die veeartsenykordonheining (rooilyn) was die skans waarop gekonsentreer is en wat in stand gehou moes word. "Intussen het die situasie in ons buurlande dermate versleg dat ons blootstelling baie groot is."

Die LPO het gevolglik opgetree om 'n gesamentlike forum te skep om boere te help om hul gesondheidstatus en naspeurbaarheid te verbeter. Namibie se vermoe om vleis na alle lande uit te voer, verg groot insette en noukeurige monitering.

James Faber, voorsitter van Suid-Afrika se Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), wat die kongres bygewoon het, het gesê Suid-Afrika en Namibie is nie vande nie, maar vriende. Hul lang samewerking mot voortduur en uitgebou word. Die stand van dieregesondheid wat dikwels deur politiek bemoeilik word, maak tans die uitruil van teelmateriaal tussen die twee lande en ook Botswana moeilik. 'n Onuithoubare situasie ontstaan omdat diere nie it Suid-Afrika oor grense heen verskuif mag word nie. "Ek is egter optimisties. Ons gaan met die politic praat met die hoop om vordering te maak."

Prof. Mark Holmes, dekaan van die department veeartsenykundige medisyne aan die

Universiteit van Cambridge in Engeland, het gewaarsku teen die onoordeelkundige gebruik van antibiotika omdat dit tot weerstand lei. Dit is 'n problem by mense en diere. Sowat 700 000 mense sterf jaarliks omdat hul siektes nie met die rete antibiotika behandel word nie. Dit kan na raming in die volgende dekade tot 10 miljoen kan styg, onder meer weens kanker.

"Weerstand neem toe, maar nuwe antibiotika word stadig ontwikkel. In der waarheid is daar tans geen nuwe antibiotika in die vooruitsig nie."

In die landboubedryf kan die verkeerde antibiotika siektes vererger. Bore behandel dikwels eerder grope diere as individuele, siek diere. Die gesonde diere kry dus ook antibiotika in, veral in 'n intensiewe boerdery met byvoorbeeld hoenders.

Sy waardevolle wenke aan boere was dat goeie bestuur tot minder siektes lei, veral inenting.

Dien so min kere as moontlik antibiotika toe, maar altyd teen die aanbevole dosis. Vroeë en akkurate diagnose verminder siektes. Opgevoede boere vind dit makliker om siektes te bestuur.

"As ons hierdie dinge toepas, baat dit die boerdery," het hy gesê.

Dr. Andreas Gaugler, 'n Namibiese veearts, het gesê boere moet verantwoordelikheid vir hul diere se gesondheid aanvaar. Die korrekte diagnose en behandeling is noodsaaklik. Maak aantekeninge van alle diagnoses en behandelings. Gebruik die regte entstowwe.

Sorg vir goeie voeding en vul tekorte met lekke aan anders ly reproduksie daaronder.

Doen vrugbaarheidstoetse, veral vir brucellose. Koop net skoon, getoetste bulle en ramme.


Klik op die prente hieronder om na al ons premium webcast veilingsborge te kyk.

Previous
Previous

'n Blik op 2024: Wildpryse Skiet deur die Dak

Next
Next

Kroon Vee Brahman Produksieveiling