Kroon Vee Brahman Produksieveiling

1. Vertel vir ons meer van jou stoet?

Kroon Vee Brahmane is gestig in 1972 deur Jan van Zyl Snr. Die boerdery word vandag bestuur deur Jan snr en sy twee seuns nl. Gideon en Jan jnr. Kroon Vee boerdery fokus net op die teel van Brahman beeste en produseer 'n klein bietjie voer wat slegs vir eie gebruik is.

2. Wat word aangebied?

  • 50 Manso Brahman bulle waaronder daar beproefde en opkomende kuddevaars is

  • 20 Rooi Brahman bulle waaronder daar beproefde en opkomende kuddevaars is

  • 40 Manso Brahman verse

  • 25 Rooi Brahman verse

  • 10 Semen lotte van die beste genetika

3. Wat is die Top lotte?

Lot 5: Rodger is 'n potensiele kuddevaar wat uitstaan met besonderse manlikheid. Hy is baie goed gebalanseerd en dra baie vleis.

Lot 6: Snowball is 'n beproefde kuddevaar uit een van ons beste moederlyne nl. DT03-5 wat in 2022 die wenner in die Brahman ras was en 'n Meriete toekenning vir voortreflike prestasie en reproduksie gekry het. Sy het natuurlik 17 kalwers gehad met 'n TKP van 370 dae.

Lot 7: Ghanzi was die eerste kalf uit die koei JVZ13-192. Daarna het die koei vir Moonshine geproduseer wat verkoop is vir R480 000. Kroon Vee gebruik self twee van Moonshine se vol broers in die kudde. Daar is ook nog potensiele stoetbulle wat oppad is. Hierdie koeilyn teel ongelooflike bulle. Verder het die bul baie goeie bloedlyne en sy konformasie is uitstekend.

Lot 10: Josdon is 'n beproefde kuddevaar wat ons beste vers bul is. Enige iemand kan die bul met absolute sekerheid op verse gebruik.

Lot 14: Daar is min rooi brahman bulle soos Spit Fire in Suid Afrika. Sy besonderse manlikhied trek dadelik aandag. Hy is kort op die been en is 'n vleis masjien. Sekerlik 1 van die beste Kroon Vee Top Shot 290 seuns ooit.

Lot 17: Apollo is 'n beproefde kuddevaar en is 'n dierekte MAS00-17 seun. Hy is 'n grootraam bul met baie potensiaal.

Lot 33: Hulk is 'n vleis masjien. Hy het ongelooflike sterk manlikheid. Hy is 'n leier op 200, 400 en 600 dae groei. Die bul dra baie vleis en is verskriklik lank. Die bul word aanbeveel om slegs op volwasse koeie te gebruik.

4. Wat is jul teelbeleid, en waarom?

Kroon Vee fokus daarop om fuksionele geharde diere te produseer. Vrugbaarheid, rustige geaardheid en strukturele korektheid is van hulle kern teeldoelwitte. Kroon Vee fokus om net die beste Brahman genetika aan die stoet en kommersiele bedryf te voorsien.

5. Stoetgeskiedenis?

Jan snr het in 1972 5 brahman verse en 'n bul gekoop as 'n standard 8 seun. Vandag het Kroon Vee die grootste Brahman stoet in Suid Afrika. In 2023 het Kroon Vee pryse by die jaalikse presedents dinee verwerf vir die volgende:

  • Makro Teler vir die jaar

  • Teler van Kampioene - Nie-Haltermak Wit

  • Meester bul Wit -JVZ16-438

  • 1ste plek - Meriete Koei Superior - Rooi JVZ07-346

  • Volledigheid van pretstasie metings - 3 ster

Kroon Vee Brahmane het ook die koeigroep van die jaar gewen in die Brahman ras vir 2023 Al hierdie prestasies kom net omdat ons 'n stoet boerdery bestuur om optimum te produseer.

Maak seker om nie die aanlynveiling op SwiftVEE mis te loop nie. Registreer gratis vir die veiling deur van die onderstaande knoppie gebruik te maak.

Previous
Previous

Dieregesondheid: Namibiƫ mag maar windgat wees

Next
Next

Die Sentraal Karoo Meatmaster Groep bied top ooie en uitgesoekte ramme.