G10 Bonsmaras - Ignited Passion

Kom deel in G10 se Ignited Passion op 29 Augustus 2023 om 11:00 | Lilla Flanders, Aliwal-Noord.

AANBOD: 30 bulle, waaronder 3 kuddevaars, 120 kommersieel in alle produksiestadia.

Jy mag hulle nie misloop nie.

So lyk van ons TOP BULLE! Kyk na ons video-speellys vir al die individuele bulle in aksie en kliek op die nuttige skakels onder aan vir al die nodige inligting. 

LOT 4 is ‘n 8 punt bul. Sy Vaar | NFS16-58 en Ma | AG10-78 het in 13 jaar 9 kalwers gegee met ‘n indeks van 104 oor 8 en ‘n TKP van 400 dae.

LOT 7 is ‘n poena bul wat skoon is van die geen! Vaar | AG15-769, Ma | GZV12-177 het in 10 jaar 8 kalwers gehad en het ‘n TKP van 417.

LOT 5 is ‘n top bul! Sy Vaar is LAR16-280 en sy Ma | NFS15-56 het in 8 jaar 6 kalwers gehad, met ‘n TKP van 355 dae.

LOT 9 is skoon van die geen. Vaar | AG15-769 Ma | DBP11-56 sy het 12 kalwers in 8 jaar gehad met ‘n TKP van 399.

LOT 10 is ‘n poena en hy is skoon van die geen. Vaar | AG09-751, Ma | LMR13-301 het 6 kalwers in 9 jaar gegee met ‘n TKP van 379.

LOT 14 is skoon van die geen. Vaar | LAR14-446, Ma | LAR08-168: 11 kalwers in 15 jaar - 104 oor 10 kalwers met ‘n TKP van 396 dae.

Previous
Previous

Rensbou Ankole

Next
Next

Vleisbedryf móét markte oorsee soek