Rensbou Ankole

1. Vertel vir ons meer van jou stoet?

Ek is Dail van Rensburg en boer al die afgelope 20 jaar met Ankole. Ek het 'n gemengde boerdery al vir die afgelope 40 jaar, met 'n besondere liefde vir bees en beesteling. Daarom het ek ook meer as een beesras, elkeen spesiaal op sy eie. Die Ankole se besonderse horings het my aangegryp en ek kon dit regkry om vrugbare diere wat vroeg kalf en vleis dra te teel. My beeste het ook 'n goeie temperament.

2. Wat word aangebied?

Ons bied 19 vroulike diere en 1 bul aan op die veiling.

3. Watter lotte moet daar voor uitgekyk word?

Kyk gerus uit vir hierdie 5 lotte!

Lot 1 het 'n uitsonderlike kleurpatroon, mooi horings en goeie melk.

Lot 4 het mooi horings, is 'n groot koei met 'n mooi bul kalf en is uit 'n besonderse ma en pa.

Lot 5 het mooi horings, 'n mooi kleurpatroon, dra goeie vleis en is uit 'n baie goeie ma.

Lot 17 is ‘n pragtige bont vers, op die punt om te kalf, uit 'n baie vrugbare moederlyn en kom met ‘n verskalf aan voet.

Lot 19 is 'n mooi bont koei, swaer dragtig uit 'n pragtige ma met 'n unieke kleur.

4. Wat is jou teelbeleid, en waarom?

Ek teel funksionele diere. Hulle horings moet goed wees, maar dit is nie die enigste vereiste nie. Ek selekteer ook vir goeie vrugbaarheid, diere wat vroeg begin kalf, goeie vleiseienskappe het en vir goeie temperament.

5. Stoetgeskiedenis?

Ek het reeds 20 jaar terug begin met my Ankole, en het die afgelope paar jaar bulle ingekoop om my kudde te verbeter. My Ankole kudde is vrugbaar, dra goeie vleis, het mooi horings en goeie temperament. Dit is vir my lekker om tussen my Ankole te wees, hulle is baie spesiale diere.

Previous
Previous

DONALD KNOTT PRODUCTION SALE | 6 SEPTEMBER 2023

Next
Next

G10 Bonsmaras - Ignited Passion