Glendor Bonsmara & Zatara Brahmane

1. Vertel vir ons meer van jou stoet?

My naam is Piet Calitz. Ek boer in Wepener teen die Lesotho grens. Brahmane is my passie van kleins af. Ek streef daarna om die ras te bevorder en geharde, kwaliteit diere te teel.

2. Wat word aangebied?

Glendor bied 20 Bonsmara Bulle aan, en Zatara bied hierdie jaar 26 Brahman bulle aan. Dis die tipe bulle waarvan ons hou. Hulle is kort, dik en koue aangepaste bulle. Dit is die tipe bulle wat goed in ons wêreld aard. Bietjie meer vroeg-ryp bulle. Ons glo hulle sal ook enige deel van die land kan aanpas.3. Watter lotte moet daar voor uitgekyk word?

3. Wat is die Top lotte?

BRAHMANE

Lot 1, 4, 5, 6, 7 en 8 is ons gunstelinge.
Lot 1 en 4 is speenkalf bulle, hulle het goeie kapasiteit en breedte deurgaans.
Lot 5 is 'n besonderse bul. Hy is 'n vroegryp bul met goeie been en besonderse breedte. Hy sal 'n aanwins vir enige kudde wees.
Lot 6 is 'n potensiele kuddevaar. Hy is 'n bul met 'n baie sterk kop en goeie nek ontwikkeling en breedte.
Lot 7 is 'n versbul met 'n ongelooflike borsvloer, sterk kop en goeie toplyn.
Lot 8 is 'n bul met goeie diepte, kapasiteit en besonderse breedte.
Lot 4, 5 en 6 is OBS15-90 seuns, 'n bul wat geteel is deur Eugene Osterloh van Osterloh Brahmane. OBS19-115 wat ook 'n seun is van OBS15-90 is vanjaar op Osterloh Brahmane se bulveiling vir 'n rekordprys van R425000 verkoop.

BONSMARAS

LOT 1

LOT 5

LOT 7

LOT 4

LOT 6

LOT 8

4. Wat is jul teelbeleid, en waarom?

Ons streef daarna om vrugbare diere te teel wat 'n aanwins sal wees tot enige boerdery. Ons probeer bulle teel wat vroeg-ryp en gehard is.

5. Stoetgeskiedenis?

In 2018 het ons, ons eerste stoetkoeie aangekoop en van daar af ons kudde begin uitbrei deur diere te koop by van die top telers in die land.

6. Enige iets anders?

Bulle word gratis afgelewer by sentrale punte, so na as moontlik aan die koper se plaas.

Previous
Previous

Hencor Bonsmaras - Produksieveiling

Next
Next

PUTTERGILL Farming - Production Sale