Auction Results

View Original

Helicon Wildvang Dienste Wildveiling - 13 Mei 2023

Die volgende onderhoud het plaasgevind tussen SwiftVEE en Helicon Wildvang Dienste. Lees die blogplasing hieronder waar hulle ons alles vertel van hul opkomende Wildveiling in Be Human in die Vrystaat, alles wat aangebied word en nog baie meer.

Op een dag kan ons 488 blesbokke, 261 blouwildebeeste, 514 rooibokke of enige ander spesie wild vang en vervoer.

Die wildvang seisoen is elke jaar vanaf 1 Maart tot 31 Oktober afhangende van die provinsies se regulasies. In die afseisoen word al ons toerusting deeglik deurgegaan om die nodige te herstel en te verbeter om dit in die beste moontlike toestand te hou. Veranderinge word ook aangebring op die vragmotors en waens om dit meer ekonomies en wildvriendelik te maak.

Dit is vir ons by Helicon baie belangrik om professionele, gehalte, etiese en eerlike diens aan ons kliënte te lewer wat ons waardes is waarvolgens eienaar Sean Bosse en sy span die maatskappy op bou.

2. Wat word aangebied by julle veiling?

Daar is 24 spesies en 'n totaal van +- 400 diere, wat opgeveil word.

Spesies wat verwag kan word:

  • Kameelperd

  • Takbok

  • Lechwe

  • Gemsbok

  • Swartwitpens

  • Rooihartebees

  • Koedoe

  • Tsessebe

  • Waterbok

  • Eland

  • Volstruis

  • Wildebees: Swart, Blou, Goud

  • Springbok: Gewoon, Swart, Wit, Kalahari, Koper, Damara

  • Blesbok: Gewoon, Wit

  • Rooibok: Gewoon, Swart

3. Vir watter lotte moet kopers op die uitkyk wees?

Meeste van die diere op veiling kom direk van Helicon se eie gronde af.

Kopers kan op die uitkyk wees vir lot 59 waar ons 'n besonderse Eland Bul het met 'n baie groot lyf en wat uit 'n teelgroep kom met bo gemiddelde horing lengtes.

Ons 10 Gemsbokke in Lot 3 is ook 'n lot wat uitstaan saam ons 2 Gemsbok bulle in lot 25 & 26 met horing lengtes van 40'' en meer.

Die Rooihartebeeste is beslis iets om voor uit te kyk met bo gemiddelde genetika by die bulle en koeie. Die bulle sal in lot A wees.

Die Swartwildebeeste en Blouwildebeeste in lot 5, 13, 14, 15, 16, 50 & 51 is verskriklike mooi jag bulle wat 'n wen koop sal wees.

Daar is ook sewe Waterbokke in lot 83 met goeie genetika. Hulle is ook baie mak en kom uit 'n klein kamp uit.

Foto's sal vanaf 8 Mei 2023 beskikbaar gemaak word van die lotte se diere.

4. Is daar enigiets anders wat julle wil hê die kopers moet weet?

Van al die bokke op veiling het ons net die beste uitgekies tussen die res. Daar is van die bokke wat van klein plase afkomstig is. Die bokke sal dus makliker aanpas op klein plase ook. Vir die koper wat lot C se bie wen gee ons ook 'n geskenk pakkie, wat iets is om na uit te sien.

Registreer GRATIS vir die aanlynveiling deur op die knoppie hieronder te klik.