Auction Results

View Original

Hoër rentekoers 'n knou vir landbousektor

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se aankondiging dat die repokoers met 0,5% pleks van die verwagte 0,25% verhoog word, plaas verdere druk op boere se kontantvloei en hul vermoë om krediet te bekom, sê prof. Johan Willemse.

Willemse sê landbouskuld het die afgelope jaar weens stygende insetkoste redelik toegeneem.

As gevolg van hoër skuld en hoër rentekoerse is boere se kontantvloei onder groter druk en moet meer vir dieselfde hoeveelheid krediet betaal word.

Nog 'n gevolg is dat banke se kriteria waarvolgens boere se vermoe om skuld terug te betaal beoordeel word, aangepas word. "Hoe hoër rentekoerse is, hoe minder skuld kan jy diens. Dit beteken dat dit in die toekoms moeiliker vir boere sal wees om krediet te kry.

"Afgesien daarvan pas banke ook hul kredietkriteria an omdat die ekonomie in 'n resessiefase is.

Dit is daarom baie moeilik om nuwe krediet te bekom. Al hierdie faktore werk saam om die beskikbaarheid van krediet ernstig te beperk. Ons kom agter dit is besig om 'n problem te raak."

Verdere slegte nuus vir die landbousektor is dat verbruikers se beursies al hoe platter word.

"Verbruikers is ook weens hoër rentekoerse en kostestygings, soos duurder krag- en brandstofpryse, onder druk. Die hoër rentekoerse help dus niemand op die oomblik nie."

Inflasie

Hy sê daar word aangevoer dat die huidige inflasie te wyte is aan te veel geld in omloop. Indien dit die geval was, sou hoer rentekoers inflasie aanpak aangesien dit krediet moeiliker bekombaar maak en die hoeveelheid geld in die omloop verminder.

"Dit is tans nie geval nie. Die inflasie wat ons nou beleef, is weens ander faktore soos hoë kommoditeits- en voedselpryse, asook beurtkrag. Daarom is daar tans baie sterk kritiek teen die verhoging van die rentekoerse tydens 'n resessie."

Plaaslik dra vervoerkoste, beurtkrag, hoër kragpryse en hoër lone alles volgens hom tans tot inflasie by. Dit sal nie deur hoer rentekoerse beheer word nie.

Maak vroegtydig'n plan

Willemse moedig boere aan krities na hul uitgawes te kk en hul kontant te bewaar. "Moenie enige kontant wat jy tans beskikbaar het, uitgee nie."

Verder met boere nie wag tot hul kontant opdroog voordat hulle met hul finansiers praat nie.

"Gaan na jou finansier voordat dit 'n problem raak. Dan kan daar nog 'n plan gemaak word."

Lees die volle artikel op landbou.com


Klik op die logo's hieronder om na al ons premium webcast advertensieborge te kyk.