‘n MC Boran Mylpaal: Ons 10de Produksieveiling is hier!

Die volgende onderhoud het plaasgevind tussen SwiftVEE en MC van Straaten van MC BORAN. Lees die blogplasing hieronder waar hy ons agtergrond gee van hul boerdery en hul opkomende veiling, wat Saterdag 24 Junie plaasvind en meer.

1. Stel jouself voor en vertel vir ons meer van jou boerdery

Hi ek is MC van Straten is die go-to ou om mee te gesels as jy meer wil weet oor MC Boranstoet. Hierdie veeplaas is so 80 km wes van Bloemfontein in die Vrystaat geleë, op die plaas Wolwedrif in die Boshof-distrik. Ons boer 'n mengelmoes van beeste en saaiery, so dit is 'n lekker afwisselende boerdery.

2. Wat word aangebied?

Hierdie jaar se aanbod sluit in 8 bulle en 60 vroulike diere wat verskillende kategorieë insluit: 3-in-1 diere, dragtige koeie en verse. Die diere wat aangebied word, is deur mede-telers geselekteer, en elke teler het sy volledige kudde beskikbaar gestel vir seleksie.

3. Vir watter lotte moet kopers op die uitkyk wees?

Dit is 'n uitdaging vir my om spesifieke diere uit te wys, want ons as groep het werklik ons bes probeer om diere van ongeëwenaarde gehalte aan te bied. Ons streef daarna dat die veiling deurgaans 'n bo-gemiddelde standaard handhaaf, van begin tot einde.

Loer gerus na die video van elke teler se TOP lot.

4. Wat is jul teelbeleid, en waarom?

Ons, as 'n groep spesifiek uitgesoekte telers, het 'n beleid om eerlike, opregte diere te teel wat die kopers die gemoedsrus gee van topvrugbare, veld-aangepaste diere met die vermoë om kalwers van bo-gemiddelde gehalte te speen reg uit die veld. Dit is waarvoor ons bekend staan en dit is iets wat ons voortdurend sal handhaaf.

5. Vertel ons meer oor die agtergrond en geskiedenis van jul stoet.

Die MC Boranstoet het sy ontstaan sowat 19 jaar gelede gehad, en ons voel bevoorreg om vanjaar ons 10de Produksieveiling te kan aanbied. Dit is 'n ware mylpaal vir ons. Met trots kan ons sê dat diere met ons brandmerk landwyd en selfs in ons buurlande aangetref sal word. Die veiling sal gehou word by Be Human op die plaas Middelwater, geleë tussen Bloemfontein en die Brandfort tolhek. Die datum is 24 Junie 2023 en die veiling sal om 11H00 begin.

6. Is daar enigiets anders wat jy wil hê die kopers moet weet?

As verkopers is ons toegewyd om elke potensiële koper die versekering te bied dat ons 'n uitstekende naverkope diens lewer. So kom kuier asseblief saam by ons veiling en geniet die dag saam ons.

Previous
Previous

Interest Rate Hike Puts More Strain On The System

Next
Next

Syferfontein Bonsmaras se 24ste Produksieveiling