Syferfontein Bonsmaras se 24ste Produksieveiling

Nico Pieterse, Uitvoerende Bestuurder van Syferfontein Bonsmaras skryf:

Ons Syferfontein Bonsmarakudde het die afgelope 25 jaar ontstaan en ontwikkel in die koue Hoëveld. Hierdie omstandighede het daartoe gelei dat ons diere selekteer wat korter op die been is, dik is en vroegryp. Met ons uitbreiding na die warmer en effens soeter Noordwes Vrystaat, het ons egter ontdek dat hierdie vroegryp diere ook onder daardie omstandighede floreer en uitstekend vaar.

Ons teelbeleid is eintlik baie eenvoudig. Ons selekteer vroulike koeie wat eenvormig, wigvormig en vroegryp is, met oordrewe kapasiteit en goeie moederinstinkte. Die bulle moet robuust, breed en lank wees, met ook goeie kapasiteit. Tog vermy ons oordrewe bespiering en verkies ons bulle wat maklik vet opbou. Die voordeel van hierdie tipe bees is dat hulle uitstekend vaar onder verskillende toestande en oor grense heen.

Ons heg baie waarde aan die voorkoms van ons diere en ons poog om 100% funksionele diere te teel. As gevolg van die tipe en kwaliteit wat ons in die kudde vaslê, kan ons genetika uitstekend saamwerk met die genetika van ander groot name in die bedryf. Die Syferfontein-kudde het oor die algemeen 'n sterk erfdwang.

Ons het besluit om kopers 'n geleentheid te bied om van ons topgenetika te bekom tydens die jaarlikse produksieveiling op 22 Junie 2023 om 11:00. Die veiling vind plaas op die plaas Goodlands in die Vrede-distrik. Ons bied 'n span van 60 uitstekende bulle en sowat 110 topkwaliteit vroulike diere in verskillende produksiestadia aan. Hierdie diere kan 'n merkbare verskil in jou kudde maak. Kom asseblief kuier saam met die span van Syferfontein op ons 24ste produksieveiling vanjaar.


Klik hier vir die skakel an alle nuttige inligting rakende Syferfontein Bonsmara se 24ste Produksieveiling.

Previous
Previous

‘n MC Boran Mylpaal: Ons 10de Produksieveiling is hier!

Next
Next

The Super Game Combined Auction on 10 June 2023