Auction Results

View Original

Die Poggenpoel Molopo Bonsmaras 18de Produksieveiling

Lees die blogplasing hieronder waar ons alles vertel word oor die opkomende Poggenpoel Molopo Bonsmaras 18de Produksieveiling. Lees meer oor die boerdery, die opkomende veiling, alles wat aangebied word en nog baie meer.

2. Vir watter lotte moet kopers op die uitkyk wees?

LOT 6 - BBM 20-73

Dit is ‘n  Bul met ‘n ongelooflike mooi en trotse, wakker houding, gladde haarkleed , goeie bene en kloue met massas vleis wat hy baie mooi dra.Hy is baie sag op die oog is en een van die bulle wat altyd eerste raakgesien word as mens in die kraal instap. Vanwee sy ongelooflike mooi breedte en diepte wat op hom ‘n baie aantreklike bul maak. Hy was sy ma se eerste kalf, en speen 278kg op 205 dae met ‘n koei/kalf speen verhouding van 59.8% en ‘n geboorte massa van 32kg.

Sy ma BBM 17-74 is ‘n 9 punt prentjie koei met ‘n gemiddelde keuringspunt van 8 op al haar kalwers. Sy is ‘n toonbeeld van vroulikheid en goeie bouvorm en dit weerspieel in haar kalwers wat sy elke jaar speen met haar dogter BBM 21 – 111 wat sekerlik een van die beste  is wat ons nog aangekry het.BBM 17 -74 se TKP van 383 dae met ‘n gemiddelde speenindeks van 102/3 kalwers onderstreep die goeie moederseienskappe wat in die lyn loop.Ons glo ‘n goeie kudde word gebou op goeie koeie en BBM 17 -74 is so ‘n goeie koei waarmee ‘n teler kan vooruitgaan in sy kudde.

Sy Pa BBM 14-18 (6 seuns op veiling wat almal 8+ gepunt het) is die laaste “116”seun wat ons gebruik het en kom self uit ‘n koei wat vir ons 4 kuddevaars en van die beste dogters op die plaas geteel het.

BBM 20 – 73 is die tipe bul waarna ons streef om te teel.

LOT 8 - BBM 17-305

Hy is ‘n kuddevaar wat op koeie en verse gebruik word, met ‘n gemiddelde geboorte gewig van 32kg en ‘n gemiddelde gekorrigeerde speen gewig van 314kg op 205dae oor al sy kalwers.Daar is baie goeie kalwers in die pyplyn, waarvan ons baie in die toekoms verwag.BBM 17 – 305 het besonderse goeie kapasiteit, manlikheid, bespiering, lengte van lyf asook lengte van bespiering ,gemaklike los vel met goeie vel en haarkwaliteit en ‘n lang stert.Verder beskik hy oor ‘n uitsonderlike draaibeen tot sitbeen lengte met ‘n goeie kruis, skitterende kloue en bene.Sy goeie erfdwang word weerspieel in sy manlike kop met ‘n goed ontwikkelde skof saam met al die sanga eienskappe en baie vleis.

Sy Ma BBM 11 -16 met ‘n reproduksie indeks van 111 is ‘n uiterse vrugbare koei met ‘n TKP van 382dae oor 9 kalwers en ‘n gemiddelde speenindeks van 105 op haar 9 kalwers. ‘n Vorige bulkalf van haar BBM 16 – 176 is ook in die kudde met groot sukses gebruik.Langslewendheid is ‘n baie sterk eienskap in die lyn met al die koeie in BBM 17 – 305 se stamboom wat 14jaar of ouer geword het.

Hy beskik oor goeie syfers met ‘n vrugbaarheids waarde van 102, onderhoudswaarde van 102, groeiwaarde van 102, langslewendheid indeks van 112, speenmaternale waarde  van 5,6 en ‘n speenindeks van 102. Voorwaar ‘n bul wat ‘n bydrae kan maak in enige kudde in die land waar hy gebruik sal word.

Sy Pa is BBM 14-14 wat stam uit BBM 08-114 wat herhaaldelik in die verlede beskryf is as een van die Bonsmara bulle wat die meeste vleis in die ras gedra het, en uitsonderlike vroulike diere geteel het.

LOT 10 - BBM 19–144

Hierdie bul is ‘n Indrukwekkende seun van BBM 13 -21 wat baie diep spore in die bedryf getrap het en in 2019 deur Tiaan Kruger gekoop is. Sy Pa BBM  13 – 21 is sekerlik een van die bulle wat die grootste invloed in ons kudde gemaak het en is alom bekend vir die goeie nageslag,manlik en vroulik wat hy geteel het waarookal hy gebruik is.

BBM 19 -144 is ‘n Bul met “teenwoordigheid” aan hom wat die koppe laat draai met sy gladde vel en haar, groot skof, bree rug, lang vol agterkwart uitsonderlike breedte en mooi verdonkering. Die bul moet self gesien word om die hoeveelheid vleis wat hy dra te waardeer. Alhoewel hy so baie vleis dra beweeg hy grassieus en gemaklik met baie goeie kloue en bene.

BBM 19-144 het ons in 2022 terug gehou om vir ons al daardie eienskappe vas te le in die kudde.Hy  speen 289kg op 205dae met ‘n koei kalf speen verhouding van 67,6% wat ‘n bewys is van die groei in die bul asook van sy ma BBM 12 – 177 se goeie moederseienskappe.

BBM 12 - 177 maak ‘n gewoonte daarvan om van die beste kalwers elke jaar te speen en daarom dat ons vir BBM 19 – 144 met sy jonger broer vervang in die bul battery.Dit is nog ‘n bewys dat ons baie vertroue in die lyn het.Sy gee 7 kalwers met ‘n gemiddelde geboorte gewig van 35kg en ‘n gemiddelde speen gewig van 288kg.Haar kalwers se gemiddelde keuringspunt is ook 8,5.

BBM 19 – 144 is ‘n spesiale bul met uitstaande eienskappe wat ‘n groot bydrae in die vleisbees bedryf kan maak.

LOT 12 - BBM 20–25

Hierdie aantreklike, mediumraam donkerrooi bul is ‘n lus vir die oog. Met sy goeie verhouding tussen bevlesing en bespiering, sy besonderse diepte en goeie sprong van rib dra hy bitter baie vleis. BBM 20 – 25 het byna die perfekte kloue en hieldiepte met goeie bene wat belangrik is vir sy loopvermoe waar ookal hy sy werk moet doen. Hy is ‘n bul met baie karakter vanwee sy groot, goed ontwikkelde skof en sy mooi los en beweeglike vel wat weer dui op goeie aanpasbaarheid wat die bousteen is vir funksionele diere.Diere wat nie aangepas is in hulle omgewing nie, kan nie optimaal  produseer asook reproduseer nie. BBM20 – 25 het baie goeie manlike en sekondere manlike eienskappe wat duidelik sigbaar is in sy sterk, manlike kop met mooi oogbanke.

Hy lyk fenotipies soos ‘n spieelbeeld van sy pa, BBM 15-55 wat een van die bulle was met die beste erfdwang wat ons nog gebriuk het. Dit is dan ook die rede waarom hy die kuddevaar met die meeste seuns op die veiling is nl 19. Op sy beurt kom BBM 15-55 weer uit “03-26”wat die koei is met die grootste invloed in ons kudde oor al die jare. Sy spog met ‘n TKP van 376dae en ‘n gemiddelde speenindeks van 109/13 kalwers asook ‘n gemiddelde keuringspunt van 8.6 oor al haar kalwers. Daar is nie minder as 8 van haar seuns in die kudde gebruik en sluit bulle in soos : BBM 07-55, BBM09-9, BBM10-26, BBM11-69,     BBM13-66, BBM14-33, BBM15-55 en BBM18-250. Al hierdie bulle is in die stoetbedryf in RSA, Namibie en Botswana opgeneem en gebruik.

BBM20-25 se ma BBM16-145 (reproduksie indeks 113) is op haar beurt weer ‘n prag mediumraam koei wie se pa BB12-122 aan Thinus Maritz verkoop is en in verskeie kuddes n groot impak gemaak het. Haar ma BBM 10-47 is een van die top presterende koeie wat tans nog op die plaas teel en het sopas weer ‘n bulkalf van oor die 300kg / 205 dae gespeen met ‘n TKP van 362 dae en ‘n gemiddeldespeenindeks van 105/10 kalwers.

BBM20-25 is die tipe bul wat enige plek behoort te pas en te presteer. Ons beskou hom as ‘n potensiele kuddevaar en gaan self in die komende seisoen met hom KI.

Lot 18 - BBM18-260

BBm18-260 is n donkerrooi, langlyf bul met goeie kapasiteit. Hy is ook n bul met goeie konformasie en balans. Sy bene en kloue is byne onverbeterlik met van die beste hieldiepte en swart kloue. Hy is n absolute blok vleis met sy rug en oogspiere wat soos die N1 tot binne in sy skof loop. N Bul met n netjiese stertaanhegting en n goeie kruis en kruishelling. Met daardie vleiseinskappe verduidelik dit hoekom hy 306kg gespeen het op 205dae met n geboorte gewig van 30kg. Dit is die ideaal waarna ons streef, klein, ligte, lewenskragtige kalwers op geboorte wat daarna groei en ontwikkel saam met sy ma van die veld af.

Sy genetiese waardes op BLUP is ook baie in die kol met n speen maternale waarde van 5,6, geboorte direk 101, speendirek 108 en n Naspeen groeiwaarde van 107.

Om dit alles te kroon in BBM 18-260 dan ook die halfbroer van BBM16-96 (Lot 8 in 2022) aan moederskant. Sy ma SJP14-4 (Reproduksie indeks van 114)en n gemiddelde speenindeks van 100/6 kalwers is verseker een van die beste en mooiste koeie in die kudde. BBM18-260 kry verseker sy vleiseienskappe by sy ma deurdat sy n volvleis koei is terwyl sy steeds die toonbeeld van vroulikheid is. Sy het n mooi wig vorm met n baie mooi ontwikkelde nier, n lang stert met goeie kloue en bene. Ons fokus geweldig baie op n bul se vroulike voorgeslagte aangesien jy nie n goeie bul kan teel uit onderpresterende koeie  nie. SJP14-4 is een van daardie koeie waarvan jy met gemoedsrus seuns in jou kudde kan gebruik.

BBM18-260 is self gebruik in die kudde en ons verwag groot dinge van die kalweroes wat op pad is. Ons gaan ook weer met hom KI in die komende seisoen.

Lot 24 - BBM20-229

BBM 20-229 is n bul wat vir homself praat. Hy merk feitlik al die die boksies om n invloedryke kuddevaar te wees. Hy is lank, diep, breed en dra uitsonderlike baie vleis. Ook beskik hy oor n sterk manlike kop, groot goed ontwikkelde skof met n besonderse breë rug. Sy swart kloue, goeie bene en swart pigment rond amper net die prentjie af. Saam met al die eienskappe het hy nog n mooi skoon skede met n feitlik perfekte skrotum.

Sy ma SJP12-336 (Reproduksie indeks 115) teel uitsonderlik goed en kom uit die ou Poggenpoel lyn (SJP). Daar word tans nog 2 van haar seuns in die kudde gebruik wat n mens gemoedsrus gee in BBM20-229. Haar vaar is die welbekende bul BBM08-70 wat Namibie toe is. Sy het n TKP van 347 dae en n gemiddelde speenindeks van 105/8 kalwers.

BBM20-229 se seleksie waardes is feitlik foutloos met net een van sy 7 waardes onder 100(98). Sy BLUP waardes is ewe indrukwekkend bykans alles presies waar ons hulle verkies. Sy hoogte-lengte verhouding van 1:25 maak hom baie aantreklik en bevestig waarom hy 342kg op 205dae kon speen, alhoewel hy net 37kg met geboorte geweeg het. Dit is die tipe diere waarna ons streef om gras om te skakel in vleis en relevant te bly in die kompeterende vleisbees bedryf in SA.

Ons behou n saadaandeel van BBM20-229 en beoog om met hom te KI in die volgende seisoen.

3. Wat is jul teelbeleid, en waarom?

Ons streef na Koei doeltreffedheid van bo 55%. Dit kan net bereik word as koeie elke jaar stiptelik kalf. Bogenoemde faktore kan net bereik word met veld aangepaste koeie met genoegsame melk vir haar kalf. (Nie min of te veel nie).

4. Vertel ons meer oor die agtergrond en geskiedenis van jul stoet.

Die stoet is nou so 20jaar oud. Dit is die jaar ons 18de jaarlikse produksie veiling.

5. Is daar enigiets anders wat julle wil deel?

Al die bulle wat aangebied word is veld aangepaste bulle wat veilings gereed gemaak is op natuurlike weiding.

Registreer GRATIS vir die aanlynveiling deur op die knoppie hieronder te klik.


Stel jy belang om jou veiling op “SwiftVee News” te laat vertoon? Kies gerus die Goud- of Platinum-bemarkingsveldtog wanneer jy jou veiling bespreek met SwiftVEE.