Reënvalvoorspelling vir Suider-Afrika: Die uitdagings van voorspellings en die noodsaaklike risikobestuur vir die landboubedryf.

Dit is moeilik om reënvalvoorspelling vir die somerreëngebied voor Augustus of September te waag, sê prof. Willem Landman, meteorolog by die Universiteit van Pretoria.

Hy sê daar kan maklik ses maande voor die tyd betroubare voorspellings or La Niña- of El Niño-toestande gemaak word, maar bruikbare voorspellings in dieselfde tyd oor reënval oor Suider-Afrika is onmoontlik.

Hy het tydens webinaar van Agri SA en Santam-versekering oor die risiko's van El Niño vir boere gesê sê hulle gaan eers in Augustus 'n voorspelling waag vir November, Desember en Januarie se reenval, hoewel daar reeds aanduidings is van droë toestande wat gepaard gaan met die verwagte El Niño-toestand.

"Dit is baie makliker om 'n El Niño te voorspel as om die impak daarvan op die land te voorspel.

Oor die algemeen is voorspellings or at seisoene beter as die voorspellings oor droogtes.

Hy glo daar is 'n baie sterk moontlikheid vir 'n El Niño in die 2023-'24-seisoen en talle sentrums wat voorspellings maak, is oorweldigend ten gunste van hierdie standpunt en verwag dat dit vir die hele typerk van somerreënval vir Suider-Afrika sal geld. "Die laaste voorspelling in Julie dui op 'n matige tot moontlik 'n sterk El Niño. In 1907-08 en in 1915-'16, veral hierdie laaste een wat wye droogte veroorsaak het, is geklassifiseer as baie sterk El Niño-toestande Die verwagting is dat die komende een nie só sterk sal wees nie."

André Ferreira, streekbestuurder van Santam in die Wes-Kaap, het in reaksie gesê Landman se aanbieding beklemtoon hoe wisselvallig die situasie kan wees en hoe vinnig omstandighede kan verander. "Dit maak dit net belangriker vir bore en ander betrokkenes in die landbou om te dink aan die risiko's en hoe hulle hulself kan voorberei daarop. Ek dink ons produkte bied die geleentheid om betyds voorsiening te maak vir verskillende situasies en geldelik voorsiening daarvoor te maak op 'n sinvolle manier vir boere ook."

Hy het verwys a 'n multi-risikopolis wat aansluit by konvensionele versekering en oplossing bied wat'n wye reeks risiko's dek. Dit stel die versekerde in staat om op medium- tot lang termyn versekeringskapasiteit op te bou om versekeringskoste optimaal te bestuur, terwyl goeie risikobestuursbeginsels toegepas word.

Volgens hom is dit 'n verskeringsoplossings toegespits op risiko's waarvoor daar nie in die konvensionele mark dekking gevind kan word nie, risiko's wat te duur is om konvensioneel te verseker, en kliënte wat goeie risikobestuursbeginsels in hul besighede gevestig het.

Willem Symington, voorsitter van Agri SA se afdeling vir natuurlike hulpbronne, het gesê dit is bemoedigend dat die landbousektor, private sektor en akademici só 'n groot poging aanwend om die invloed van weer op die landboubedryf beter te verstaan en die volhoubaarheid en winsgewendheid van die sektor te verbeter.

Hy het gesê die afgelope tien jaar was nie die eerste keer dat ernstige droogtes voorgekom het nie. "Ek meen dit was egter die typerk waarin die sektor die minste hulp en ondersteuning nóg van die regering ontvang het. Daar sal nie vorentoe van die regering se kant af weer voldoende hulp wees wanneer boere drasties in nood verkeer nie."

Hy het gesê daarom word dit verwelkom dat ander belanghebbendes in die ekonomie betrokke raak om die landbousektor by te staan om steeds op 'n volhoubare grondslag voedsel te produseer.

Lees die volle artikel hier.


Klik op die logo's hieronder om na al ons premium webcast advertensieborge te kyk.

Previous
Previous

Keeversfontein Rooi Brangus se 24ste Produksieveiling

Next
Next

Shashi Tuli Inaugural Production Sale