Die Sentraal Karoo Meatmaster Groep bied top ooie en uitgesoekte ramme.

1. Vertel vir ons meer van jou stoet?

Stephan Kirsten van Kamdeboo Graaf Reinett, Johan Steyn van Hanover en Johannes (Joe) van Wyk van Loxton.

Ons groep boer in die Sentraal Karoo met geharde, Vrugbare Meatmasters.
Ons streef daarna om top ramme en ooie te teel vir kopers, d.m.v. embrio spoeling van top ooie en die gebruik van uitgesoekte ramme.

Vir groot verskeidenheid Meatmasters op een plek, kom na Boland Landbouskool te Paarl op 20 Oktober of bie aanlyn.

2. Wat word aangebied?

  • 30 Gekeurde ooie met lammers.

  • 35 Gekeurde jong dragtige ooitjies.

  • 80 Gekeurde jong oop ooitjies.

  • 170 Oop jong kudde ooitjies.

  • 50 Top gekeurde ramme, reg vir werk.

3. Lotte om voor uit te kyk.
Top ooie
van skaars genetika met lammers of dragtig word aangebied.


Kyk uit vir dié ramme.
Moeilik om ramme uit te sonder, maar hierdie ramme staan tog uit!! Op hierdie veiling kan jy eintlik maar oë toemaak en enige ram koop.

4. Wat is jul teelbeleid, en waarom?

Vrugbaarheid, moedereienskappe en gehardheid. Dis die 3 goed wat vir jou baie lammers gee en baie geld maak.

5. Stoetgeskiedenis?

Ons boer al vir ongeveer 15 jaar met Meatmasters. Ons het n dier gesoek wat maklik boer, self lam, lae arbeids kostes, lae tot geen voerkostes en basies geen veearts kostes het nie. Meatmasters was en is die antwoord.

Previous
Previous

Kroon Vee Brahman Produksieveiling

Next
Next

SwiftVEE is Coming to Namibia – Don’t Miss the Bus