Auction Results

View Original

Vleisbedryf móét markte oorsee soek

Dis noodsaaklik dat die Suid-Afrikaanse vleisbedryf uitvoermarkte ontwikkel en uitbrei omdat plaaslike verbruikers finansieel só in die knyp is dat hulle nie meer genoeg vleisprodukte kan koop om aan die rooivleis- en pluimveebedrywe die nodige stukrag te gee nie.

Volgens dr. Tracy Davids, uitvoerende direkteur en bestuurder van kommoditeitsmarkte en vooruitskouing by die buro van voedsel- en landboubeleid (BFAP), was Suid-Afrikaners se reele besteebare inkomste verlede jaar steeds laer as voor die covid-19-pandemie. Mense is ook besig om uit die ryker leefstylgroepe terug te val na die middelinkomste-groep.

"Dit hou 'n groot implikasie in vir die vraag na kos. Nie net vir die waarde nie, maar ook die samestelling. Ons moet ook oorweeg watter verbruikers watter produkte koop. Verbruikers in die lae-inkomstegroepe bestee sowat 40% van hul totale inkomste op mielies, war dit net sowat 10% vir ryker groepe is. Vir lamsvleis, jou duurste vleis, is dit presies omgekeerd," het sy gesê met die bekendstelling van BFAP se vooruitskouing vir 2023 tot 2032 op Somerset-Wes.

Suid-Afrika is 'n netto invoerder van hoendervleis, en daarom baie afhanklik van die binnelandse mark. Die bedryf is dus gevoelig vir veranderinge in verbruikers se bestedingskrag.

"Bekostigbaarheid sal baie belangrik wees oor die volgende dekade. Hoendervleis is die goedkoopste diereproduk en ons grootste mark. Vleisverbruik neem baie stadig toe met verloop van tyd, maar die helfte van die toename sal waarskynlik by pluimveeverbruik wees. Net sowat 20% is beesvleis, 16% is eiers en 13% is varkvleis."

Boonop voeg die koste van voer en beurtkrag bykomende uitgawes by produsente se balansstaat.

Daar is dus 'n toenemende behoefte om verder as die plaaslike mark a geleenthede te kyk.

Hoewel die plumveebedryf sedert 2018 invoer met 35% kon rem, is uitvoer die volgende stap.

"Die situasie met dieregesondheid wêreldwyd het ons gehelp het ten opsigte van produkte wat nie it die Europese Unie kon kom nie. Daar was tariefingrypings, veral ná die ondertekening van die pluimvee-meesterplan, en daar was 'n verbetering in Suid-Afrika se mededingendheid teenoor Amerika en Brasilie, wat die grootste netto uitvoerders van pluimvee in die wēreld is, maar om uitvoer te laat groei, is nie so maklik soos om 'n invoertarief te hef nie. Dis eter die volgende ding wat ons moet doen en belangrik om groei vol te hou namate plumveeproduksie styg terwyl plaaslike verbruikers onder druk is," het Davids gesê.

Sy het egter gemaan dat dieregesondheid, soos bek-en-klouseer, voëlgriep en Afrika-varkpes, 'n groot kopseer is vir vleisuitvoer. "Dit is uiters belangrik dat ons die biosekerheidsprobleme oplos.”

Die beesvleisbedryf se sukses in die uitvoermark het ernstig getaan weens uitbrekings van bek-en-klouseer. China het sy deure gesluit vir Suid-Afrikaanse beesvleis, maar daar was darem 'n

"bietjie beweging" in Midde-Oosterse lande en buurlande van Suid-Afrika. Die Saoedi-Arabiese mark het ook onlangs geopen vir plaaslike beesvleis.

"Histories het ons uitvoer met 13% per jaar gegroei. Ja, dit was van 'n lae basis af, maar ons sal uitvoer nou vinniger moet laat groei as ons wil sien dat die bedryf sy potensiaal bereik."Die bedryf het 'n omvattende plan om uitvoer van 6% na 25% te verhoog, en Davids het gesê as hy dit kan regkry en die dieregesondheidsituasie uitsorteer, sal die bedryf op 'n nuwe pad wees.

BFAP verwag dat die varkbedryf in die eerste helfte van die volgende dekade gaan terugsak en konsolideer.

"Dis die snelgroeiendste lewendehawe-bedryf en 'n winsgewende tydperk het tot beleggings en uitbreidings gelei, maar toe voerpryse die afgelope twee jaar styg, het varkpryse onder druk gekom. Dit was goeie nuus vir verbruikers en ons het gesien hoe varkvleisverbruik toeneem, maar dit het ook beperkings en bekommernis or winsgewendheid gebring. Die groei sal dus vorentoe stadiger wees, maar ons verwag dat invoer na die plaaslike mark vervang sal word.

Daar sal egter altyd 'n deel wees wat inkom, want Suid-Afrikaners eet meer ribbetjies as die res van die karkas."

Lees die volle artikel hier op Landbou.com


Klik op die prente hieronder om na al ons premium webcast veilingsborge te kyk.