Auction Results

View Original

Wat jy van Augustus kan verwag…

As iemand jou 7 maande terug gevra het wat dink jy lê en wag vir jou dié jaar sou jy kon reg raai? Ons antwoord is definitief nee. 2022 is ‘n jaar van vreemdes. Onvoorspelbare weer, bek-en-klouseer en ten spyte daarvan word daar steeds rekords gebreek in die veebedryf. Een ding is verseker die Landbousektor is die plek om te wees.

Ons is ongelooflik dankbaar vir die getroue ondersteuning en vertroue in SwiftVEE se aanlynplatform van beide koper en verkoper. Dit is vir ons lekker om ons verkopers toegang tot ‘n groter mark te kan gee en so ook om ‘n veiling vir kopers so maklik en gerieflik as moontlik te kan maak deur hul ‘n “bie vanaf enige plek” opsie te gee.

SwiftVEE is opgewonde vir die “August Auction Line Up”. Na ‘n ongelooflike Julie-maand van aanlynveilings kan ons nie wag om te sien wat Augustus gaan inhou nie. Dalk net nog ‘n aanlynrekord?

14 Julie het Richter Simbras aanlyn ‘n nuwe SA rekord prys opgestel vir ‘n Simbra bul.

Lot 4 | Power verkoop aanlyn vir R375 000

Daar gaan dié maand 4 Nasionale veiligs wees om van te kies:

  • Die Nasionale Brangusveiling 10 Augustus

  • Die Nasionale Meatmasterveiling 11 Augustus.

  • Die Nasionale Sussexveiling 18 Augustus

  • Die Nasionale Senepolveiling 20 Augustus

Moet hulle nie misloop nie!

Dankie aan ons vennote


Klik hierbo om meer te sien.