Triomf by die Afridome: Bonsmara-veiling Bereik ‘n Nuwe Hoogtepunt

Die Nasionale Bonsmara-veiling by die Afridome op Parys was 'n groot sukses, met 'n ware hoogtepunt toe die hoogste prys ooit vir 'n dragtige vers behaal is. Die vers, LAR 21-0158 van Up George Bonsmaras in Wasbank, is vir 'n verstommende bedrag van R320 000 verkoop – ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord!

Hierdie buitengewone sukses is nie net 'n prestasie vir die Up George-stoetery nie, maar 'n baken vir die Bonsmara-ras self. Die koper was Eloff Muller van Tambaraine Bonsmaras in Mosselbaai.

Die hoogste prys van R200 000 vir 'n koei-en-kalf, SYF 21-0065, is deur Nico Pieterse, Syferfontein Boerdery, Standerton behaal. Die koper was Ahmed Bhamjee van Bhamjee's Bonsmara, Caroline, ‘n aanlyn koper op SwiftVEE. Nico het ook die hoogste prys van R52 500 vir 'n dragtige stoetkoei, SYF 19-0218, ontvang. Die koper was Sarel van der Merwe, Sathara Bonsmaras, Hendrina.

Die 60ste herdenking van Bonsmara SA was 'n besonderse viering. Dit was 'n tyd om te reflekteer op die geskiedenis en prestasies van die ras, asook 'n blik op die toekoms van Bonsmara-boerdery in Suid-Afrika.

Bonsmaras is bekend vir hul uitstekende aanpassingsvermoëns en hoë vleisopbrengs, wat hulle 'n gewilde keuse maak vir boere regoor Suid-Afrika. Hierdie veiling was 'n viering van die ras se uitnemendheid en prestasies oor die jare en ook 'n geleentheid vir boere om die beste genetika vir hul kuddes te bekom.

Met meer as 3000 aanlyn kykers wat die veiling aanskou het, het SwiftVEE 'n nuwe dimensie bygevoeg tot die tradisionele veilingervaring. SwiftVEE se deelname, in samewerking met Vleissentraal, is iets waarop ons trots is en ons is bevoorreg om hande te kan vat met Suid-Afrika se Bonsmara-boere om sulke geleenthede moontlik te maak.

SwiftVEE sien uit daarna om steeds in die toekoms die Suid-Afrikaanse landboubedryf te ondersteun en te bevorder deur middel van ons aanlyn veilingsplatform.


Hou jou volgende veiling aanlyn met SwiftVEE – die nommer 1 aanlyn velingsplatform in Afrika!

Vir navrae, stuur ‘n epos na auctions@swiftvee.com

Hou ons sosiale media bladsye dop vir meer opwindende veilings!

Previous
Previous

Valsrivier Bonsmara Telers se 19de Produksieveiling

Next
Next

SwiftVERE takes flight at Kiepie Herholdt’s Prestige Auction